DOMUS DEI RANDBURG SUID

ONS PERSONEEL

Leraar

Sel:    079 354 7902

Epos:  dsyolandi@gmail.com

Ds Yolandi Kok is sedert 1 April 2020 ons nuwe voltydse leraar. Sy is getroud met Pierre en hulle het drie dogters – Mieke, Anouk en Mia. Yolandi glo dat God ‘n baken van hoop sal wees in Suid-Afrika en kombineer haar geloof met haar passie om verhoudings te bou en help herstel.

Yolandi het aan RAU, Stellenbosch en Pretoria gestudeer. Na afloop van haar eerste M.Div-graad het sy vier jaar in Suid-Korea deurgebring waar sy geleer het om Koreaans te praat, lees en skryf. Sy het onderrig gegee in Engels as spreektaal en was betrokke as deeltydse Jeugleraar by ‘n Prebiteriaanse gemeente.

Yolandi begin as proponent by die NG Gemeente Krugersdorp Noord waarna sy haar gemeentejaar as hulpleraar by die NG Gemeente Constantiakruin aflê terwyl sy jaar tweede M.Div. graad voltooi.

Yolandi het tydens die inperkingstydperk verskeie gemeente aktiwiteite begin en is al klaar geliefd onder oud en jonk!

DS YOLANDI KOK

Mede leraar met senior bediening

Sel:    079 354 7902

Epos:  dsyolandi@gmail.com

Ds Henning Jacobs het op 31 Januarie 2020 na 40 jaar as voltydse leraar ge-emeriteer. Henning was voltydse leraar van Domus Dei Randburg-Suid vir die afgelope 28 jaar. Ons geniet die passie waarmee hy sy liefde vir die natuur (sterre in die besonder) en musiek met ons gemeente deel.

Hy gaan voort met sy bediening by Eklesiapark Tuiste en die breër gemeenskap.

DS HENNING JACOBS

Esti Esterhuizen.jpeg

Kantoorbestuurder

Kantoor:  011 787 4004

Sel:    072 367 4739

Epos: randburgsuid@hotmail.co.za

Esti is op 1 Februarie 2020 aangestel as ons kantoorbestuurder. Sy is verantwoordelik vir die administrasie van die gemeentebestuur, instandhouding van die fasiliteite en die bestuur van die terrein personeel. Esti is altyd vriendelik en bereid om te help – kontak haar gerus as daar enige vrae oor kerk aktiwiteite of funksies is.

ESTI ESTERHUIZEN

Sarie Jacobs.jpeg

Orrelis

Sel:    082 853 6704

Sarie is die afgelope 28 jaar ons orrelis. Haar passie vir die musiekbediening word uitgeleef tydens eredienste en deur die begeleiding van die kerk se sanggroep. Die sanggroep bestaan uit gemeentelede en  lede uit die gemeenskap wat optree op as ‘n koor tydens spesiale sangdienste. Sarie se musiek hoogtepunte is die kerkkore en musiekopvoerings wat van tyd tot tyd by die kerk aangebied word.

SARIE JACOBS

Alfred.jpg

Terrein personeel

Alfred is al 23 jaar werksaam by ons gemeente. Hy is ‘n harde werker en is verantwoordelik vir die skoonmaak van die kerkgebou en terrein. Alfred is altyd vriendelik en bereid om te help.

ALFRED TSHIKOSI

Khuliso.jpg

Terrein personeel

Khuliso is sedert 1 Maart 2020 permanent deel van ons terreinspan. Hy is Alfred se regterhand en ook verantwoordelik vir die onderhoud en skoonmaak van die kerkperseel.

KHULISO LISHIDZHA