Ouers het die grootste invloed op hul kinders se geloofsvorming. Om ons ouers by te staan met hul doopbelofte, plaas ons weekliks hulpbronne op ons facebook blad en webtuiste.

 

‘Huisgeloof’ fokus op die volgende vier areas:

Gesinsverhoudings:

Omdat kinders makliker leer van God in ‘n omgewing wat emosioneel veilig en gesond is, skerp ons weekliks verhoudingsvaardighede in.

 

Omgee gesprekke:

Ons maak seker om as gesin saam te gesels oor die dinge wat in ons lewens aangaan.

 

Geloof ritmes:

Rituele en geloofspraktyke vorm ons en leer ons om God in die alledaagse dinge raak te sien – so groei ons en ons geloof ook saam.

 

Lees saam:

Ons lees in die week weer wat ons Sondag in die erediens en kategese gelees het. Ons praat ook oor he God in die teks met ons elkeen praat.